KAAPSTAD. – Twee kinders van onderskeidelik drie en vyf jaar oud is dood tydens ’n brand wat hul huis in die Thabo Mbeki- informele nedersetting verwoes het.
Jermaine Carelse, die brandweer se woordvoerder, sê ’n man is ook tydens die brand dood.
Die oorsaak van die brand is tans onbekend en die voorval word nog ondersoek.
Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.



