Daar is soveel maklike en vinnige hoendermaaltye wat jy kan maak met net vyf bestanddele.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir hoender-feta-pasta.
Hoender-feta-pasta
Die beste ding van hierdie maaltyd: jy kan dit maklik maak met dit wat reeds in jou yskas is. Al wat jy benodig, is hoender, tamaties, jou gunstelingpasta en kaas (plus sout, peper en olyfolie).
Bestanddele
2 eetlepels olyfolie
500 g hoenderborsies sonder vel en been, in die helfte verdeel
1 teelepel growwe sout
¼ teelepel varsgemaalde swartpeper
2 blikkies gesnyde tamaties met basiliekruid, knoffel en oreganum
2 koppies water
450 g pasta of spaghetti
100 g fetakaas
fyn gekapte vars basiliekruid (opsioneel)
Metode
Verhit die olyfolie in ‘n groot kastrol met ‘n deksel vir een minuut en voeg dan die hoenderborshelftes by.
Strooi ‘n halwe teelepel sout en swartpeper oor.
Kook die hoender vir agt minute aan die een kant, beweeg dit ‘n bietjie rond om te voorkom dat dit vassit, maar nie te veel nie.
Verlaag die hitte as dit nodig is.
Draai die hoender om, strooi die orige halwe teelepel sout oor en kook dan nog vyf minute totdat die hoender gaar is.
Voeg die tamaties en water by.
Roer die pasta by en kook, onbedek, vir vyf minute. Bedek en laat kook vir nog 10 minute.
Haal die deksel af, roer en voeg dan driekwart van die feta by.
Roer weer, laat dit vir nog vyf minute onbedek kook.
Sit dit warm voor, strooi die orige fetakaas en vars basiliekruid oor.
Bron: www.tasty.co



