’n Petisie is deur omgekrapte mense regoor die wêreld begin om vir Merelize van der Merwe (32) van Facebook te verwyder. Die petisie moedig mense aan om die “openbare figuur” wat tans 80 600 likes en 97 700 volgelinge op Facebook het, te verban.
In die petisie word na Van der Merwe as ’n “monster” verwys “wat bedreigde spesies uitroei.”
“Hoekom laat Facebook, wat veronderstel is om familiewaardes uit te beeld, hierdie goed toe?”
Jy kan die vorige storie hier lees.
Jy kan die petisie hier teken.



