Vandag se vreemde tegnologiefeit: Die eerste superrekenaar het meer as ‘n ton geweeg

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie is ‘n foto uit 1956 wat die eerste superrekenaar van IBM (International Business Machines Corporation), die 305 RAMAC, wys.

Hierdie reusagtige ding het ‘n hardeskyf gehad wat vyf MB data kon stoor en meer as ‘n ton geweeg het.

Die foto wys ‘n vurkhyser wat dit op ‘n vragvliegtuig laai.

In 2018 is die wêreld se grootste hardeskyf onthul – 100 TB. Ons het duidelik ‘n lang pad gekom met baie kleiner toestelle!

Bron: www.pocket-lint.com