Drie beseer in skietvoorval

Deel hierdie storie / Share this story

CONSTANTIAKLOOF. – Drie mense is vanoggend in ’n skietvoorval in Constantiakloof beseer.

ER24-paramedici het op die toneel in William Nicol-rylaan opgedaag en ’n man in sy 40’s by ’n diensstasie in sy voertuig gevind.

Paramedici het die man ondersoek en bevind hy het ‘n ernstige wond aan sy been as gevolg van ’n skietwond opgedoen.

LEES OOK: Petisie om vrou wat kameelperd se hart uitsny van Facebook te verwyder

Die man is behandel voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Na ’n kort rukkie is paramedici na ’n besigheid in 14de Laan ontbied vir nog ’n verwante skietery.

Twee mans in hul dertigs is elk met ’n skietwond in die kelder gevind.

Die mans is behandel en na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg vervoer.

Die besonderhede rakende hierdie voorval is nog nie bekend nie.