Volgens Four Paws International kan een vroulike hond aan meer as 80 klein hondjies geboorte skenk terwyl ‘n vroulike kat tot en met 180 kleintjies in haar leeftyd kan hê.
Alhoewel hondjies en katjies dierbaar is, word hulle nie gebore en gaan na ’n liefdevolle huis met kos en skuiling nie. Hulle word gebore in ’n lewe op straat waar hul vir hulself gaan moet sorg. Baie van hierdie diere sterf gewoonlik weens weerstoestande, hongerte en word soms deur ander diere aangeval.
Dis om hierdie rede dat Four Paws verlede jaar 12 500 hawelose diere gesteriliseer het. Four Paws wil ander diere-organisasies en gemeenskappe inspireer om dieselfde te doen, sodat rondloperhonde nie verder sal voortplant nie.
Four paws maak gebruik van die Catch-Neuter-Vaccinate-Return- (CNVR) metode vir honde en die Trap-Neuter-Return- (TNR) metode vir katte.
Lees ook: Mitchell’s Plain-tragedie: Talle kinders geskiet in noodlottige bendegeweld



