Kiki vra om verskoning aan Suid-Afrika in video, kyk hier na die video

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – “Hierdie video is vir die publiek en vir die hele Suid-Afrika. My naam is Kiki. Ek het uiterse vieslike, gemene en onbeskofte taal asook uitlatings gemaak in my live. Dit wat ek gesê het, was gemeen en het regtig nie uit my hart gekom nie.”

Só sê Karlien Wentzel nadat sy die naweek verskeie TikTok-gebruikers woedend gehad het na ’n live waarin sy menigmale gevloek en gelyk het of sy haarself aan drank oorgegee het.

Kiki sê verder in die video sy was onder geweldige druk vandat die inperking begin het. Sy sê sy dink sy het uiting gegee aan haar seer en stres.

Kiki vra menigmale om verskoning

“Ek het myself toe oorgegee aan drank, maar dit is glad nie ’n verskoning vir dit wat ek gesê het nie.”

Kiki praat dan oor die uitlating wat sy gemaak het – “almal se pappas het ons mielies gekielie”. Sy vra weer om verskoning vir elke wond wat sy oopgekrap het deur die uitlating. Sy vertel die uitlating het ook haar eie familie seergemaak, omdat haar pa teleurgesteld in haar is. “Ek het my pa seergemaak en hy was al die jare nog net goed vir my.”

Se vra menigmale in die video om verskoning vir haar optrede en sê sy was “buite haarself”.

https://youtu.be/_H2O2oRLL9Q

LEES OOK: Kiki se man verbreek die stilte: ‘Ek is teleurgesteld’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.