Kuberkrakers kon moontlik toegang tot kliënte wat van Rain-internet gebruik maak se naam en posadres kry.
Rain het in ’n verklaring gesê die kuberveiligheidspan het ongemagtigde toegang tot ‘n faktuuropbergingstelsel ontdek, maar die probleem is geïdentifiseer en reggestel.
LEES OOK: Jag – ’n sensitiewe onderwerp
“Eerstens wil ons mense verseker dat hulle sensitiewe inligting veilig is en dat dit hoegenaamd geen optrede benodig nie. Ons kan bevestig dat daar GEEN ongemagtigde toegang tot enige stelsels was wat inligting stoor soos aanmeldbesonderhede, ID-nommers, bank- of kaartbesonderhede nie. Hierdie inligting was nooit in gevaar nie.”
Die Rain-span het voortgegaan om te sê hulle stoor geen betalingsverwante inligting direk nie. Hierdie sensitiewe data word buite die webwerf gestoor by ’n onafhanklike spesialisvennoot en gebruik sekuriteit op bankvlak.
“Ons wil ons kliënte verseker dat ons streng veiligheidsmaatreëls suksesvol was om te verseker dat verdere sensitiewe inligting veilig en privaat bly. Kubermisdaad is ’n kriminele oortreding en Rain werk saam met die betrokke owerhede om die saak te ondersoek.”
Lees meer artikels hier.



