CHINA. – ’n Hof het volgens ’n egskeidingsbevel ’n man beveel om sy eksvrou R111 000 vir vyf jaar se onbetaalde arbeid gelewer tydens hulle huwelik te betaal.
Die man, Chen, en die vrou, Wang, het in 2015 getrou. BBC berig luidens hofregisters het die man verlede jaar die egskeiding aanhangig gemaak.
Maandelikse toelaag na egskeiding
Wang was aanvanklik huiwerig om te skei, maar het later finansiële vergoeding gevra en aangevoer Chen het geen huishoudelike of kinderversorgingsverpligtinge vir hul seun nagekom nie. Die hof het besluit die vrou sal ’n maandelikse toelaag van haar eksman ontvang plus ’n eenmalige bedrag van R111 000.
Die beslissing is gemaak volgens die nuwe burgerlike wet in dié land wat vanjaar in werking getree het. Volgens die nuwe wet is ’n huweliksmaat geregtig om vergoeding in die egskeiding te vra as hy of sy meer verantwoordelikheid in die huwelik gehad of gedoen het.
LEES OOK: Lisa-Marie sterf tydens haar stryd met SF, voor haar 21ste verjaarsdag
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



