February 26, 2021

Valke arresteer vermeende handelaar in historiese rotskuns

PORT SHEPSTONE. – Owerhede het bevestig ’n man is gearresteer omrede hy probeer het om rotskuns, wat moontlik van die muur van ‘n grot af geruk is, te verkoop.

PORT SHEPSTONE. –  Owerhede het bevestig ’n man is gearresteer omdat hy probeer het om historiese rotskuns, wat moontlik van ‘n grot afgeruk is, te verkoop.

Volgens Eyewitness News het die Valke inligting ontvang dat die man rotstekeninge, gemaak deur Suid-Afrika se San-mense, die vroegste inwoners van die land, probeer verkoop het.

 Die 48-jarige verdagte het Maandag in die hof verskyn en het R1 000 borgtog gekry terwyl verdere ondersoek ingestel word.

“Die San-rotskuns is moontlik van ‘n sandsteengrot gebeitel,” het Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die San-mense se teenwoordigheid in Suid-Afrika dateer 25 000 jaar terug.

Baie van hul tekeninge wat op rotse in grotte en teen berghange gevind kan word, het Unesco-wêrelderfenisstatus.

Die item wat die man probeer verkoop het, is ’n tekening van twee wildsbokke en ’n man wat ’n spies of stok vashou.

Die polisie het argeoloë en forensiese wetenskaplikes ingeroep om die waarde van die item te bepaal.

Lees ook: Rioolwater gevaar vir kinders

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: