Rioolwater gevaar vir kinders
WARRENVALE. – Irene Eksteen, ’n bekommerde inwoner van hier, sê die rioolwater wat uit ’n drein in 3de straat kom is onhigiënies en ’n gevaar vir kinders in die omgewing.

Foto: Irene Eksteen
WARRENVALE. – Irene Eksteen, ’n bekommerde inwoner van hier, sê die rioolwater wat uit ’n drein in 3de straat kom is onhigiënies en ’n gevaar vir kinders in die omgewing.
Sy verduidelik sy het die rioolwater water wat in derde, vierde en Vyfde Straat afloop, reeds ’n aantal dae gelede gerapporteer, maar daar het niks daarvan gekom nie. “Hulle het gesê hul stuur iemand uit en hier was nog niemand gewees nie.”
Irene sê sy het vandag na die munisipaliteit gegaan. “Hulle het gesê hulle het reeds ‘n bakkie uitgestuur. Ek staan al van wanneer af hier by die riool water en hier is nie ’n bakkie nie.”