February 28, 2021

Ses lesse oor liggaamspositiwiteit vir jou kind

Kundiges verduidelik eenvoudige maniere waarop ouers lesse oor liggaamspositiwiteit kan aanpak – selfs voordat ‘n kind kleuterskool begin.

Ses liggaamspositiwiteit lesse om jou kind te leer. Foto: Gabby K

Ses liggaamspositiwiteit lesse om jou kind te leer. Foto: Gabby K

Positiewe liggaamsbewustheid en selfvertroue is belangrik vir die ontwikkeling van ‘n kind. Ouers kan hierdie gesprekke reeds op kleuterskoolstadium begin.

Navorsing toon dat kinders so jonk as vyf jaar oor liggaamskwessies begin praat. Daarom is dit belangrik dat ouers vroegtydig met hierdie gesprekke begin.

Kundiges gee eenvoudige maniere waarop ouers lesse oor liggaamspositiwiteit kan leer – selfs voordat ‘n kind kleuterskool begin.

1. Leer kinders oor hulle liggame

Moedig jou kind aan om sy liggaam te leer ken. Ouers kan liggaamsdele – hande, voete, vingers, tone, neuse en oë – al teen ses maande begin benoem.

2. Bevorder gesondheid voor gewig

Liggaamspositiwiteit en ‘n positiewe liggaamsbeeld moet meer gaan oor gesondheid en welstand as gewig en voorkoms – en dit is belangrik dat kinders dit weet.

3. Moedig kinders aan om aktief te wees

Fisieke aktiwiteit gaan gepaard met goeie gesondheid en kinders moet aangemoedig word om aktiwiteite te vind wat hulle van jongs af wil doen. Dit help om die boodskap uit te stuur dat oefening aangenaam is.

4. Voer gesprekke oor gesonde kos

As jou kind met kos sukkel, is dit belangrik dat die etenstafel nie ‘n slagveld word nie, maar ‘n veilige plek vir bespreking.

Vul jou tafel met voedsame voedselsoorte en praat oor waarom dit belangrik is dat ons groente en vrugte saam met ons maaltye eet.

5. Korrigeer verkeerde inligting

‘n Kind se blootstelling aan die media en onrealistiese skoonheidstandaarde is onvermydelik, veral in die era van sosiale media.

Dit bly belangrik om verkeerde inligting oor voedsel, oefening, hulle liggame en ander mense s’n reg te stel. Laat jou kind weet dat mense nie volgens hulle gewig beoordeel moet word nie, of hulle nou oorgewig of ondergewig is.

6. Stel ‘n goeie voorbeeld

As ouer is die beste ding wat jy kan doen om liggaamspositiwiteit by jou jong kinders te bevorder, deur die regte voorbeeld te stel.

Moenie vergeet dat jong kinders naboots wat hulle sien en hoor nie. Om ons eie taal oor ons liggame en die voorkoms van ander te monitor, is belangrik in die ontwikkeling van ons kind se houding oor liggaamsbeeld.

Bron: www.parents.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: