Man roep familie bymekaar voor hy glo al ses doodskiet
Die ses familielede wat doodgeskiet is, is tussen 8 en 70 jaar oud. Die verdagte het ná die voorval van die toneel gevlug.

KWAZULU-NATAL. – ’n Man het na bewering ’n huis binnegedring en ses familielede van die huis bymekaargeroep, waarna hy hulle glo doodgeskiet het.
Roep familielede bymekaar
Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man het glo die huis met ’n byl binnegedring. Volgens Naicker was die verdagte glo ook met ’n pistool gewapen. Die ses familielede wat doodgeskiet is, is tussen 8 en 70 jaar oud. Die verdagte het ná die voorval van die toneel gevlug.
Ses aanklagte van moord
Naicker sê die verdagte is vanoggend op Greytown gevind en sal na Eshowe-polisiestasie teruggeneem word.
Die verdagte sal na verwagting binnekort op ses aanklagte van moord in die hof verskyn.
LEES OOK: Mense dra nie maskers nie – meer as 10 000 reeds in hegtenis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.