Soeke na vermiste vrou op Tafelberg lewer vonds van liggaam op

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die liggaam van ’n onbekende vrou is op Tafelberg gevind terwyl ‘n hommeltuig ingespan is op soek na ’n vrou van Gordonsbaai wat naby Stellenbosch vermis geraak het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die identiteit van die persoon sal bevestig word sodra ’n DNS-toets uitgevoer is.

Volgens ’n plasing op Facebook is Colette Olivier sedert Saterdag vermis. Sy het ’n swart hemp, swart ski pants, bruin skoene en ’n rooi Vodacom-pet aangehad. Daar word beweer Olivier is laas op ’n staproete van Tafelberg gesien, maar die presiese ligging kon nie uitgewys word nie. Haar rugsak is Sondag deur ‘n groep stappers gevind.

Inskrywing op Facebook.

LEES OOK: Sofia, vier maande te vroeg gebore, 500 g en 26 cm

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.