February 25, 2021

“Lesse moet uit akademiese ramp geleer word”

“Ons erken dat 2020 ‘n besonderse uitdaging was.”

“Lesse moet uit akademiese ramp geleer word”

“Lesse moet uit akademiese ramp geleer word”

“Nes ander belanghebbendes, is die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap diep besorgd oor die drastiese agteruitgang in die provinsiale matriekslaagsyfer. Terwyl die nasionale slaagsyfer met 5.1% van 81.3% in 2019 na 76.2% in 2020 verswak het, het die Noord-Kaap met 10.5% van 76.5% in 2019 na slegs 66% in 2020 getuimel,” sê Priscilla Isaacs, DA Noord-Kaapse provinsiale woordvoerder oor onderwys.

“Ons erken dat 2020 ‘n besonderse uitdaging was, veral vir landelike gemeenskappe. Distrikte wat in die verlede die beste gevaar het, het enorme terugslae beleef. Namakwa se slaagsyfer het met 11.3% gedaal en John Taolo Gaetsewe se slaagsyfer het met ‘n kommerwekkende 17.8% verswak.”

“Ons is as ‘n provinsie duidelik nie gereed vir elektroniese onderrigmetodes nie. Die teenwoordigheid van ons onderwysers is steeds deurslaggewend vir leerlinge wat bo hul omstandighede moet uitstyg.”

LEES OOK: Vrou sny kameelperd se hart uit op Valentynsnaweek

“Die spook van ontoereikende steun aan leerlinge wat bevorder is, loop steeds. Die provinsie het landswyd die swakste hiermee gevaar. Net 25.4% van die bevorderde leerlinge kon slaag, in vergelyking met 60% van bevorderde leerlinge wat in 2019 geslaag het.”

“Ons moet ook kyk na wat skeefgeloop het met vakke soos Aardrykskunde, Wetenskap en Ekonomie, wat die provinsiale gemiddelde teruggetrek het.”

“Dat so min leerlinge slaag, en goed slaag, moet alarmklokke in die provinsiale onderwyssektor laat lui. Maar wanbestuur van skooltoelatingsprosesse deur die provinsiale onderwysdepartement beteken dat die 2021 akademiese jaar te laat vir te veel leerlinge begin. Distrikte soos Frances Baard sal hul sokkies moet optrek wat skoolaansoeke betref.”

“Ons wens wel die leerlinge met goeie matriekuitslae geluk. Ons deel in die vreugde van familie en vriende wat vandag die soete vrug van jare se arbeid pluk. Ons wens julle alle sterkte toe met jul toekomsdrome. En ons moedig ongelukkige kandidate aan om van hermerkgeleenthede gebruik te maak. Moenie van ‘n tydelike terugslag ‘n permanente struikelblok maak nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: