KYK: Video waar vrou kameelperd skiet
Mense regoor die wêreld is woedend.

KYK: Video waar vrou kameelperd skiet
WAARSKUWING: Video nie vir sensitiewe lesers nie.
’n Video wat wys hoe Merelize van der Merwe, van Naboomspruit in Suid-Afrika, ’n kameelperd vir Valentynsdag skiet, is op haar Facebook-bladsy geplaas. Sy het daarna die dier se hart uitgesny en daarmee vir ’n foto geposeer.
Mense regoor die wêreld is woedend.
Van der Merwe soek al glo van 2016 af na die perfekte bul om te skiet.
Lees die vorige artikel hier.
FiND iT is in besit van die video, maar TiKToK het die video weens gemeenskapsriglyne verwyder.