Vandag se vreemde tegnologiefeit: ‘n ‘Jiffy’ is meer as net ‘n uitdrukking
Dit word op verskillende wetenskaplike terreine gebruik om tyd te meet.

Vandag se vreemde tegnologiefeit: 'n “Jiffy” is meer as net 'n uitdrukking. Foto: Pexels
Die uitrukking in ‘n jiffy word as ‘n beskrywing van ‘n baie kort moment gebruik, maar dit is veel meer as dit. Dit is eintlik ook ‘n tydseenheid.
Dit word op verskillende wetenskaplike terreine gebruik om tyd te meet.
Byvoorbeeld, in rekenaaringenieurswese is dit die lengte van een siklus van die rekenaar se stelselklok (ongeveer 10 millisekondes).
In die fisika-wêreld verteenwoordig dit die hoeveelheid tyd wat dit neem vir lig om ‘n afstand van een sentimeter af te lê.
Bron: www.pocket-lint.com