927 Mense in Oos-Kaap oor die naweek in hegtenis
Al die verdagtes het vandag in verskeie howe verskyn.

927 Mense in Oos-Kaap oor die naweek in hegtenis
OOS-KAAP. – Altesaam 927 mense is die naweek weens verskillende oortredings in hegtenis geneem. Van die aanklagte is moord (10), aanranding (190), Covid-19 verwante oortredings (410), die besit van gevaarlike wapens (175), vermoedelik gesteelde vee (32 beeste, 105 skape en 14 bokke) en die besit van onwettige wapens.
LEES OOK: Man stoot glo swanger vrou by krans af
Dertig klein pakkies kristalmetamfetamien (crystal meth), vyf lolliepype, twee Mandrax-tablette, een Toyota LDV sonder ’n lisensieskyf, een geweer met ’n uitgewisde reeksnommer en ses lewendige rondes haelgeweerammunisie is gekonfiskeer.
’n Totale bedrag van R756 is ook van twee verdagtes verhaal.
Al die verdagtes het vandag in verskeie howe verskyn.
Lees meer artikels hier.