Kouewaterterapie hou baie voordele in vir die menslike liggaam

Koue water het baie voordele vir ons liggame. Healthline vertel ons meer hier van.

Koue water

Foto: SoccerToday

Koue water het baie voordele vir ons liggame. Healthline vertel ons meer hiervan.

Wat is kouewaterterapie?

Kouewaterterapie of kouehidroterapie is die gebruik maak van water kouer as 15°C om gesondheidstoestande te behandel of gesondheidsvoordele te stimuleer.  

Alhoewel kouewaterterapie al baie jare toegepas word, het onlangse aanpassings daartoe gelei dat meer mense deesdae gebruik maak van ysbaddens, daaglikse koue storte en swem vroegoggend.

Wat is die voordele?

Ondersteuners van hierdie prosedure glo kouewaterterapie verbeter jou bloedsirkulasie, help jou om beter te slaap, verhoog energievlakke deur die dag en verminder ontsteking in jou liggaam.

Wetenskaplike navorsing toon talle voordele van koue water

  • Verminder spierpyn. Studies toon dat atlete wat kort na oefening ‘n koue bad neem, minder spierpyn het.
  • Help jou liggaam om af te koel wanner jy oorverhit.
  • Kan simptome van depressie verlig. Koue water is nie ‘n geneser vir enige geestesgesondheidstoestand nie, maar sekere studies dui daarop dat die swem in koue water die simptome van depressie en angs by sommige mense verlig.
  • Versterk jou immuunstelsel. Daar is bewyse dat kouewaterterapie die liggaam se immuunstelsel kan stimuleer. Dit sal jou liggaam se vermoë om siektes te beveg, verbeter.

Hoe doen ek kouewaterterapie?

  • Begin deur ’n warm stort te neem en na ’n paar minute die water kouer te stel tot die water op sy koudste is.
  • Maak gebruik van ’n ysbad. Voeg ys by die water totdat die temperatuur tussen 10°C en 15°C is en lê vir 15 minute daarin.
  • Swem soggens swem in ’n koue swembad.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: