February 25, 2021

Man laat glo kobra op slapende vrou los

Hy het haar glo vantevore met ’n adder probeer vermoor, maar sy het die slang se giftige byt oorleef en ’n paar dae later herstel.

Man laat glo kobra op slapende vrou los

Man laat glo kobra op slapende vrou los

INDIË. – ’n Man het glo ’n kobra op sy slapende vrou losgelaat. Dit is na bewering nie die eerste keer wat hy sy vrou met ’n slang probeer vermoor het nie.

Hy het haar glo vantevore met ’n adder probeer vermoor, maar sy het die slang se giftige byt oorleef en ’n paar dae later herstel. Sy het nie die tweede aanval oorleef nie en is by die hospitaal dood verklaar.

LEES OOK: Leerder sterf onverklaarbaar by skool

Twee slange gekoop

Die man het na bewering ’n slang by ’n vriend gekoop. Toe sy eerste poging nie werk nie, het hy ’n tweede slang by dieselfde vriend gekoop.

Die paartjie was skaars twee jaar getroud en haar familie het begin agterkom iets is nie pluis nie toe sy ’n tweede keer deur ’n slang gepik word.

Haar man wou haar glo uit die weg ruim sodat hy haar fortuin kon gebruik en met ’n ander vrou trou.

Twee keer gebyt

Die man het glo gesien hoe die kobra sy vrou twee keer byt. Daarna het hy die kamer verlaat en haar ma het haar bewusteloos op die bed aangetref. Sy is kort daarna by die hospitaal dood verklaar.

Aanklag van moord

Die man is op aanklag van moord in hegtenis geneem en het later skuld beken. Sy vriend, wat die slange aan hom verkoop het, is ook in hegtenis geneem.

Lees meer artikel hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: