February 28, 2021

Man val hom dood toe hy vir polisie vlug

Hy het haar glo met ’n broodmes in die regterhand gesteek.

Man val hom dood toe hy vir polisie vlug

Man val hom dood toe hy vir polisie vlug

HILLBROW. – ’n Man (31) wat van die polisie gevlug het, het vermoedelik van die vyfde vloer van die Moulin Rouge-woonstelblok na sy dood gespring. 

Twee speurders wou glo ondersoek instel nadat die man se meisie (30) ’n klag van aanranding teen hom ingedien het. Hy het haar glo met ’n broodmes in die regterhand gesteek.

LEES OOK: Tweejarige dood na mishandeling, stiefpa skuldig

Spring by venster uit

Toe hulle op die toneel kom, het niemand die deur oopgemaak nie en die sekuriteitspersoon kon ook nie ’n spaarsleutel voorsien nie. Terwyl die speurders besig was om die deur oop te dwing, het die man by ’n venster van die woonstel uitgespring.

Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: