Tweejarige dood na mishandeling, stiefpa skuldig

Tweejarige dood na mishandeling, stiefpa skuldig

Tweejarige dood na mishandeling, stiefpa skuldig

KAAPSTAD. – Taswell Louw is skuldig bevind aan die moord op sy tweejarige stiefseun en sy vrou, Renzia Louw, die seun se ma, is aan kindermishandeling en verwaarlosing skuldig bevind.

Die paar het die kind tussen Desember 2016 en Februarie 2017 mishandel. Hy is verskeie kere sonder toesig of kos gelaat en Taswell het die kind so erg fisies mishandel dat hy blind geword het, nie meer kon sluk nie en serebraal gestremd geword het.

LEES OOK: Inspirasie vir die dag – As jy voor ’n keuse staan

Tweejarige geskop, geslaan

Taswell het die seuntjie in sy maag geskop en geslaan, wat veroorsaak het dat sy dunderm bars. Sy stiefpa het hom nie vir mediese behandeling geneem nie en die kind het erge sepsis ontwikkel.

Dokters kon daarin slaag om sy lewe te red, maar hy is later in 2018 dood.

Regter Dèidre Kusevitsky het die paar Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad skuld bevind en vonnisoplegging sal op 22 April 2021 begin.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: