August 5, 2021

Inspirasie vir die dag – As jy voor ’n keuse staan

Ek glo werklik daarin dat alles in die lewe uitwerk soos dit moet.

As jy voor ’n keuse staan – inspirasie vir die dag

As jy voor ’n keuse staan – inspirasie vir die dag

Daar kom ’n tyd in jou lewe wanneer jy ’n lewensveranderende besluit moet neem. Die soort waaruit jy twee opsies kan kies en albei dra hul eie billike deel van die risiko’s en voordele. Miskien staan ​​jy selfs nou voor een. Hoe maak jy die regte keuse?

Ek het eenkeer gehoor iemand sê as jy ’n keuse moet maak en jy kan eenvoudig net nie besluit nie, kry vir jouself ’n muntstuk. Kies ’n kant vir elke keuse en belowe jouself dat waarop ook al hy gaan val, jy by daardie besluit sal bly. Die doel daarvan is nie om jou lewe in die hande van die noodlot te los nie, maar die oomblik wanneer daai muntstuk in die lug is, gaan jy presies weet watter keuse jy moes gemaak het.

Ek glo werklik daarin dat alles in die lewe uitwerk soos dit moet. Ja, ons keuses kan ons rigting bepaal. Ja, jy kan jou lewe in ’n ander rigting draai. Dit is moeilik om te verstaan hoe die lewe werk. Almal is onseker, dit belowe ek jou.

LEES OOK: Kinderpornografiesaak van rol geskrap

As jy nie soos ek is nie en jy is een van daai mense wat ’n ding oor en oor moet bedink, doen dit! Maak lysies, oorweeg opsies, doen navorsing. Doen alles in jou vermoë om te verseker jy maak die regte keuse, maar doen dit vir jou. Nie vir iemand anders nie.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *