Gestremde seun en sy gesin benodig hulp: Opvolg

seuns

Die gestremde seun en sy gesin wat deur Magda en Henry vanuit die strate gered is, is besig om ’n lewe te begin, maar het nog 'n ver pad om te stap.

Die gestremde seun en sy gesin wat deur Magda en Henry vanaf die straat gered is, is besig om ’n nuwe lewe te begin, maar het nog ‘n ver pad om te stap.

Die gesin het drie seuns waarvan die middelste liggaamlik gestrem is. Die ander twee seuns is pas by Laerskool Staats aanvaar.

Die pa van die gesin werk tans nog vir Henry vir ’n inkomste en die mamma is hard op soek na werk en is bereid om enigiets te doen vir ’n inkomste. Die gesin woon nog onder Magda se dak en sodra hulle genoeg geld het om ’n plekkie van hul eie te betaal trek hulle uit.

Staats-skoolklere word benodig

Magda doen ’n beroep op enigiemand wat die twee seuns kan help met skoolklere. Die jongste gaan graad een toe en dra 7-8 jarige klere en die oudste dra ’n 9-10.

Soos in die vorige berig gesê word, vaar die oudste baie goed in sy akademie, maar wil graag ook aan sport deelneem. Die jong seuns is baie opgewonde oor die nuwe begin en dat hulle die voorreg het om na Laerskool Staats te gaan.

Vorige berig: Gestremde seuntjie en sy familie benodig hulp

Gestremde seun kort nog ‘n skool

Daar word egter nog vir die gestremde seun ’n plek in ’n skool gesoek wat hom sal kan bystaan in sy behoeftes. Sy gestremdheid veroorsaak dat sy arms en bene spasties is en maak dit dus moeilik vir hom om ’n potlood vas te hou, alhoewel hy probeer. Hy het ’n rolstoel wat eintlik vir ’n volwassene bedoel is, gekry. Samaritane in Kimberley het vir hom kussings vir die rolstoel laat maak wat sy klein liggaampie kan ondersteun.

Vir enige donasies kontak asseblief vir Magda by 071 346 2395

Dankie aan almal wat reeds die gesin bygestaan het

Die gesin stuur ’n dankie aan elke mens wat reeds iets bygedra het. Hulle het reeds donasies soos twee enkelbeddens, een dubbelbed, splinternuwe komberse en kussings, glasware en talle ander donasies ontvang. Hulle is baie dankbaar vir elke item wat ingekom het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: