Clifton-bungalow verkoop vir R70 miljoen
Die vier slaapkamer Clifton-bungalow is die naweek vir R70 miljoen verkoop,

CLIFTON. – Die vierslaapkamer- Clifton bungalow is die naweek vir R70 miljoen verkoop, wat dit tot op hede die tweede duurste woning aan die Atlantiese kus maak.
Die woning het veilige parkeerplek vir vier motors op die perseel, uitgebreide vermaakpatio’s met ’n groot swembad en pragtige uitsig oor die blou see, ’n kamer en badkamer vir n werknemer met ’n aparte ingang en ’n inloopspens.

LEES OOK: Tiener doodgeskiet na argument by vulstasie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.