April 17, 2021

Twee Kaapstad-seuns vermis – moeder se hart is seer

’n Ma van Kaapstad se haar hart is stukkend terwyl haar twee seuns se skool klere op hul bedjies lê.

’n Ma van Kaapstad se haar hart is stukkend terwyl haar twee seuns se skool klere op hul bedjies lê.

Foto: Pixabay

’n Ma van Kaapstad sê haar hart is stukkend terwyl haar twee seuns se skoolklere op hul bedjies lê.

Volgens IOl is die twee seuns vanaf Vrydag af vermis.  Lynice Adriaanse (30) het die skok van haar lewe gekry toe sy tuiskom van die werk af net om uit te vind haar twee seuns is vermis.

Adriaanse sê sy werk gewoonlik tot vyfuur en haar twee seuns sal op haar wag by die plaaslike winkel of die polisiekantoor.

“Gewoonlik sê ek hulle as hulle my moet kom kry of ek los die oggend vir hulle ’n boodskap, Vrydag het ek nie en hulle het geslaap toe ek werk toe gaan.”

Toe sy tuiskom, het die mense vir haar gesê die seuns het haar gaan haal. Sommige het gesê hulle is polisiekantore toe en ander het gesê hulle is by die winkel, maar die twee het net spoorloos verdwyn.

Die seuns is laas om en by eenuur by hul huis gesien. Brian het bruin oë en swart hare. Hy is laas gesien met ’n rooi hemp, maroen broekie en kaalvoete. Sy broer Leshwin het ook swart hare en bruin oë. Hy is laas gesien met ’n geel sweetpakbroek, wit langmouhemp en wit plakkies.

Adriaanse sê haar man hanteer nie die situasie goed nie.

“Dit is vir my baie moeilik gedurende hierdie tyd. My hart is seer. Vandag sou die seuns met hul skooljaar begin het. Hul skoolklere lê nou net op die bed. Om vanoggend te sien hoe ander kinders hul skoolklere dra, het my gebreek,” het die verpletterde ma gesê. Brian moes graad 2 toe gaan en Leshwin graad 4.

FC van Wyk, woordvoerder van die SAPD, het bevestig dat die polisie die verdwyning van die twee seuns ondersoek en dat soektogte voortduur.

As iemand weet waar Brian en Leshwin hulle bevind, kontak kapt. JS Moos, stasiebevelvoerder van Klapmuts SAPS, by 082 469 1815 of kontak Crime Stop by 08600 10111.

Lees ook: Sal jy jou kind kan tuisonderrig gee?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: