Waar gaan ons met ons kinders heen?

Dit sal egter plaasvind by ’n skool wat plek het en nie noodwendig by ’n skool van keuse nie.

Waar gaan ons met ons kinders heen?

Waar gaan ons met ons kinders heen?

Meer as 400 gr. 1’s en 100 gr. 8’s weet nie waar om môre vir skool aan te meld nie. Só sê Priscilla Isaacs, DA Noord-Kaapse provinsiale woordvoerder oor onderwys.

“Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap is besorgd daaroor dat die provinsiale onderwysdepartement steeds sukkel om leerlinge voor die heropening van skole te plaas.”

“Gister se skoolgereedheidsvoorlegging het bevestig dat meer as 400 graad eentjies en byna 100 graad 8-leerlinge nog nie weet waar om Maandag aan te meld nie.”

“Die getal onderwysers wat elke skool benodig, sal ook eers bereken word tien dae nadat alle plasings afgehandel is. Dit kan meebring dat sommige klasse tot in Maart sonder onderwysers sal sit.”

“Honderde leerlinge wat laasjaar kosbare akademiese tyd verloor het, gaan nou selfs meer tyd verloor terwyl die departement papiervliegtuigies vou. Ouers en voogde kan nie reëlings vir uniforms, handboeke, vervoer of koshuisverblyf tref as hulle nie weet waarheen om kinders te stuur nie.”

LEES OOK: Nog ’n dag sonder water lê vir Kimberley voor

Departement werk glo hard aan plasings

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê die Noord-Kaapse onderwysdepartement is goed op dreef om alle leerlinge van skoolgaande ouderdom voor Maandag 15 Februarie 2021 te laat plaas wanneer skole weer vir leerders sal open.”

“Die toelating van leerders word 100% in die distrikte Namakwa en Pixley Ka Seme voltooi. Die distrikte Frances Baard, ZF Mgcawu en John Toalo Gaetsewe sal na verwagting alle plasings op Sondag 14 Februarie 2021 voltooi.”

“Die departement sal toesien dat alle verpligte skoolgaande leerders, ouderdom 7-15 of gr. 1 en gr. 8, geplaas word. Dit sal egter plaasvind by ’n skool wat plek het en nie noodwendig by ’n skool van keuse nie.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: