Nog ’n dag sonder water lê vir Kimberley voor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Inwoners staar nog ’n dag sonder water in die gesig nadat hulle reeds twee dae sonder water was.

Die watertoevoer is vanoggend omstreeks 07:00 vir sekere gebiede herstel, maar sal weer teen 12:00 vir daardie gebiede afgesit word. Gebiede wat tans sonder water is, se watertoevoer sal om 12:00 herstel word en weer teen 18:00 afgesny word.

Daar is onsekerheid oor watter gebiede wanneer sal water hê en daar word op die munisipaliteit gewag om duidelikheid te gee.

LEES OOK: Gru-ongeluk: vrou ontslaan, meisie stabiel

Teen 18:00 sal die hele stad weer sonder water wees

Phetole Sithole, waarnemende direkteur van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het in ’n verklaring gesê die stad se watertoevoer sal môre om 07:00 herstel wees. Inwoners is ook aangeraai om water op te gaar vir ingeval addisionele water benodig word.

Lees meer artikels hier.