February 28, 2021

Jong ma glo wreed vermoor

Die vrou is Vrydagaand volgens die Moslemgeloof begrawe.

Jong ma glo wreed vermoor

Jong ma glo wreed vermoor

WELLINGTON. – ’n Vrou (35) is Donderdag na bewering deur haar man, voor hulle drie maande oue baba, vermoor.

Die vrou, wat as ’n bestuurder by Shoprite gewerk het, was vir 13 jaar met haar man getroud en hy het haar volgens inwoners glo gereeld aangerand.

LEES OOK: Waar gaan ons met ons kinders heen?

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat hulle omstreeks 18:25 ’n vrou met beserings aan haar bolyf in Lillianstraat aangetref het.

Die vrou is Vrydagaand volgens die Moslemgeloof begrawe. 

Die verdagte sal binnekort in die Wellington-landdroshof verskyn.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: