Belastingbetalersvereniging kry beheer oor water en riool – nou werk alles

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – Inwoners van Koster en Swartruggens het binne slegs drie dae skoon, drinkbare water gehad nadat hulle die waterwerke van die dorp oorgeneem het.

Inwoners het beheer oor die munisipaliteit se riool- en watersuiweringsaanlegte gekry nadat ’n hof dit aan die belastingbetalersvereniging oorhandig het.

LEES OOK: Nog ’n dag sonder water lê vir Kimberley voor

Drie jaar gely

Vir drie jaar lank het die gemeenskap gesukkel met droë krane, riool en watervoorraad wat opsetlik met rioolvuil besmet is. Die munisipale bestuurder, Joseph Mogale is neëntig dae tronkstraf opgelê, opgeskort op voorwaarde dat die rou rioolvuil binne 10 dae skoongemaak word.

Binne drie dae vandat die gemeenskap op 7 Januarie 2021 die aanlegte oorgeneem het, is die watertoevoer aan die hele gemeenskap herstel.