Jennifer Aniston 52 jaar oud vandag
Die gewilde aktrise is bekend vir haar rolle in flieks soos Marley&Me en The Breakup asook die gewilde televisie sepie Friends. Sy is een van die mees betaalde aktrises aagewys in 2018.

Foto: Deadline
Die gewilde aktrise is bekend vir haar rolle in flieks soos Marley&Me en The Breakup asook die gewilde televisiesepie Friends. Jennifer Aniston is as een van die bes betaalde aktrises in 2018 aangewys.
Op Aniston se 52ste verjaarsdag ontvang sy talle mooi gelukwense van aanhangers en vriende en selfs haar eks-man wat sê hy is lief vir haar.
Haar eks-man sê hy is lief vir haar
Volgens The News het Justin Theroux op sy Instagram-profiel ’n plasing gemaak met ’n ou foto van Aniston waar hy sê: “Gelukkige Verjaarsdag @ Jennifer Aniston.” Onder die foto is ’n hartjie en die woord “you B!”

Courteney openbaar Aniston se bynaam
Die Amerikaanse aktrise Courteney Cox, wat Monica Geller in Friends vertolk het, het Aniston se bynaam geopenbaar toe sy haar met haar 52ste verjaarsdag gelukgewens het.
Volgens The News het Cox twee ou foto’s op Instagram van hulle twee gedeel en bygeskryf: “Baie geluk met jou verjaarsdag Jenny Louise! Ons ken mekaar al so lank, ek onthou nie eens hoekom ek jou dit noem nie.”

Lees meer artikels hier.
Aniston is al talle kere as een van die mooiste vrouens in die wereld aangewys
Volgens Wikepedia het Aniston vyf Primetime Emmy-toekennings, twee Golden Globe-toekennings en nege SAG-toekennings vir haar rol in Friends ontvang.
Sy het ook ‘n Primetime Emmy-toekenning gekry vir haar gasvertoning in 30 Rock, terwyl haar optrede in Cake haar benoemings by die Golden Globe- en SAG-toekennings besorg het.
Aniston het ook ‘n SAG-toekenning gewen en is genomineer vir ‘n Primetime Emmy-toekenning en twee Golden Globe–toekennings vir The Morning Show.
Die aktrise is al talle kere as een van die mooiste vrouens benoem, dit is onmoontlik om te glo die aktrise is reeds in haar 50’s.