Hartswater-plaasmoord: Brand-moordsaak sloer

Die borgtogverhoor van die verdagtes wie op aanklag van die moord van Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hulle dogter, Elzabie (54), gister hier in die hof verskyn het, is weereens uitgestel.

Die borgtogverhoor van die verdagtes wie op aanklag van die moord van Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hulle dogter, Elzabie (54), gister hier in die hof verskyn het, is weereens uitgestel.

Die borgtogverhoor van die verdagtes wie op aanklag van die moord van Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hulle dogter, Elzabie (54), gister hier in die hof verskyn het, is weereens uitgestel. Foto: Facebook

HARTSWATER. – Die borgtogverhoor van die verdagtes van die Hartswater-plaasmoord van die Brand-moordsaak is weereens uitgestel.

Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73) en hulle dogter, Elzabie (54), is verlede jaar ontvoer en grusaam vermoor.

Die uitstel, weens die koronavirus-verwante gesondheid van die prokureur van drie van die verdagtes, slaag nie daarin om die oorblywende familie, die plaaslike gemeenskap of die boeregemeenskap te troos nie.

Só sê Reinette Liebenberg, DA Noord-Kaapse woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring.

Hartwater-plaasmoord

Die gesin is op 26 Julie tydens ‘n plaasaanval ontvoer en hulle liggame is in die bosse by die Takaneng Village gevind. Die Hartswater-plaasmoord het landswyd opspraak gemaak en is die boeregemeenskap het opslae gemaak deur met trekkers na die landdroshof op te ruk.

Die verdagtes, Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) is steeds in aanhouding.

Die verdagtes, Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) is steeds in aanhouding.

Liebenberg sê die DA doen ‘n beroep op die polisie om dit dringend te oorweeg om met private laboratoiumsin gesprek te tree om te help met die agterstand in die DNS-toetsing.

“Hierdie agterstand dreig om geregtigheid in die Brand-moordsaak te ontspoor. Sedert Augustus verlede jaar woon die DA die hofverrigtinge by in die driedubbele moordsaak. Alhoewel die gevolge van die koronavirus buite ons beheer is, is dit kommerwekkend dat die DNS-uitslae nog nie deur die SAPD se forensiese afdeling aan die ondersoekbeamptes oorgegee is nie,” sê Liebenberg.

‘n Parlementêre antwoord in Desember het getoon dat die agterstand in DNS-monsters by die Nasionale Forensiese Laboratorium op 117 736 staan.

“Ons wil nie hê dat die impak van hierdie agterstand geregtigheid in die Hartswater-plaasmoord moet vertraag nie. Terwyl die borgtogverhoor tot 4 Maart 2021 uitgestel is, sal ons nie terugsit en wag om te sien of die DNS-uitslae wel oor ‘n maand beskikbaar is nie. Gegewe die dringendheid van die situasie, sal ek hierdie saak eskaleer na die skaduminister van polisie, Andrew Whitfield, sowel as die DA se hofmoniteeringseenheid om verder op ‘n parlementêre vlak te dryf. Ek sal ook met die waarnemende provinsiale kommissaris, majoor-generaal Henriette de Waal, in gesprek tree en vra vir ‘n ingryping in die uitstaande DNS-toetsuitslae om verdere vertragings te voorkom.”

Liebenberg sê sonder doeltreffende forensiese dienste kan misdadigers nie verantwoordbaar gehou word nie en sal die regering se belofte om plaasmoorde aan te pak, onvervuld bly. 

LEES OOK: MASSA OPTOG NA HARTSWATER-LANDDROSHOF

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: