Gebruik wat in jou yskas is: Mediterreense pastaslaai – resep

Gebruik wat in jou yskas is Mediterreense-pastaslaai-resep. Foto: Eaters Collective
Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.
Vandag kyk ons na ‘n resep vir Mediterreense pastaslaai.
Sien ‘n verdere lys van resepte hier.
Mediterreense pastaslaai
Pastaslaai sal nooit uit die mode gaan nie. Meng jou gunstelingnoedels, groente en ‘n bietjie kaas saam met ‘n druppel olyfolie, asyn, sout en peper.
Bestanddele
340 g pasta
1 komkommer, in blokkies gesny
1 houer kersietamaties, gehalveer
⅔ koppie gesnyde olywe
100 g gekrummelde fetakaas
die helfte van ‘n medium rooi ui, geskil en dun gesny
Suurlemoen-en-kruie vinaigrette:
¼ koppie olyfolie
3 eetlepels rooiwynasyn
1 eetlepel vars suurlemoensap
2 teelepels gedroogde oreganum
1 teelepel heuning
2 klein knoffelhuisies
¼ teelepel varsgemaalde swartpeper
¼ teelepel sout
knippie fyngedrukte rooi soetrissievlokkies
Instruksies
Om die mediterraanse pastaslaai te maak:
Kook die pasta al dente in ‘n groot kastrol met soutwater. Dreineer pasta en spoel dan vir ongeveer 20 tot 30 sekondes onder koue water totdat dit nie meer warm is nie. Plaas die pasta in ‘n groot mengbak.
Voeg komkommer, tamaties, olywe, fetakaas en rooi ui in die bak en drup die vinaigrette bo-op eweredig.
Sit dit dadelik voor, krummel ekstra feta bo-oor en swartpeper indien verkies.
Om die suurlemoen vinaigrette te maak: Klits al die bestanddele saam tot gemeng.