ROCKET-lugambulans na Orania vir hartaanval ontbied

Deel hierdie storie / Share this story

Die ROCKET-lugambulans is in die vroeë oggendure na Orania ontbied nadat ‘n pasiënt (80) ‘n hartaanval gehad het.

Die pasiënt is per ROCKET-lugambulans na Bloemfontein Mediclinic gevlieg.

Die vlieënier was Boeta Dippenaar en die gevorderde lewensondersteuning-paramedici was Ettienne van der Merwe en Michael Dollenberg.

Stoor dié nommer op jou foon! ROCKET – 0860-FLIGHT of 0860-354448.

LEES OOK: ROCKET-LUGAMBULANS NA POSTMASBURG