Ongeluk op die N1, drie kinders en een volwassene sterf

Een man het die ongeluk op die N1 oorleef en is na ’n hospitaal in Worcester vir behandeing geneem.

Ongeluk op die N1, drie kinders sterf

Foto: Verskaf, Ongeluk op die N1, drie kinders sterf

WES-KAAP. – ’n Ongeluk op die N1 naby Touwsrivier het die lewe van vier mense, waaronder drie kinders, geëis toe ’n ligte voertuig agter teen ’n vragmotor vasgery het.

Jandré Bakker, die provinsiale departement van vervoer se woordvoerder, sê sover dui ondersoeke daarop dat die ligte voertuig in die stilstaande vragmotor, wat onklaar geraak het, vasgery het. Bakker sê aldrie die kinders is onder die ouderdom van vyf jaar oud.

Een man het die ongeluk op die N1 oorleef en is na ’n hospitaal op Worcester vir behandeing geneem.

Foto: Verskaf, verkeer op die N1 tydens die ongeluk.

LEES OOK: Jong man bou sy eie ‘Lamborghini’ uit afvalmateriaal

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: