As jy iets in ‘n YouTube-video sien wat jy op ‘n spesifieke punt wil deel, kan jy ‘n skakel kry wat mense direk na daardie oomblik neem.
Klik op die deel-knoppie onder die video en soek ‘n regmerk-boksie onder die skakel. Dit sal outomaties die tyd waarop die video gestop is, vertoon. Jy kan by hierdie tyd hou of ‘n ander tyd kies.
Kopieer die skakel en deel dit op jou sosiale media, of stuur dit aan ‘n vriend.
As iemand die skakel sien, sal die YouTube-video outomaties na die punt wat jy gekies het, oorslaan.
Bron: www.usatoday.com



