Wêreld se eerste suksesvolle gesig- en handoorplanting

Joe Dimeo (22) was in 2018 ’n slagoffer van ’n grusame motorongeluk.

Wêreld se eerste suksesvolle gesig- en handoorplanting

Wêreld se eerste suksesvolle gesig- en handoorplanting

NEW YORK. – NYU Langone Mediese Sentrum het Woensdag 3 Februarie 2021 bekendgemaak dat die wêreld se eerste gesig- en handoorplanting ’n sukses was.

Die 23 uur lange operasie, wat deur dr. Eduardo Rodriguez en sy span uitgevoer is, het al in Augustus 2020 plaasgevind, maar dokters en medici wou eers seker maak die pasiënt se liggaam verwerp nie die oorplanting nie.

Kans op ’n nuwe lewe

Joe Dimeo (22) was in 2018 ’n slagoffer van ’n grusame motorongeluk. Dimeo het aan die slaap geraak agter die stuur op pad terug huis toe van sy werk af. Sy kar het ’n sypaadjie getref, gerol en toe aan die brand geraak. ’n Vreemdeling het dit reggekry om hom uit die brandende motor te trek voordat dit ontplof het. Ongelukkig het Dimeo brandwonde op 80 persent van sy liggaam opgedoen.

LEES OOK: Eenjarige deur ouers ontvoer

Die afgelope drie jaar was Dimeo heeltemal van die hulp van mediese spesialiste en sy gesin afhanklik.

Hy het ses maande gelede die gelukkige ontvanger geword van die wêreld se eerste suksesvolle gesig- en handoorplanting.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: