Die waarheid oor Brooke Shields se kaalfoto’s op 10 jaar oud

Bekende fotograaf, Gary Gross, het brook met swaar grimering en niks anders in ’n bad afgeneem.

Die waarheid oor Brook Shields se kaalfoto’s op 10 jaar oud

Die waarheid oor Brook Shields se kaalfoto’s op 10 jaar oud

Kinderpornografie was nog al die jare onder ons neuse. Deesdae word daar net meer klem op gelê en oortreders word streng gestraf.

Een so ‘n voorbeeld is dié van die bekende aktrise, Brooke Shields, wat as gevolg van haar ma se toedoen en aanhitsing in 1975 op tienjarige ouderdom kaal vir Playboy se Sugar and Spice geposeer het.

Die bekende fotograaf, Gary Gross, het Brooke met niks anders aan as swaar grimering nie in ’n bad afgeneem. Niemand het enigiets gesê toe haar kaal liggaam oor die bladsye van die bekende boek geplak is nie.

LEES OOK: Verkrag deur my oom

Maar die hartseer waarheid is dat Brooke te jonk was was om te weet of te verstaan ​​wat die naakfoto’s beteken of hoe dit die res van haar lewe sou beïnvloed.

’n Ma se toedoen

Brooke se ma, Terri Shields, was glo aan boord met die foto’s, aangesien sy al lank daarvan gedroom het dat haar dogter ’n ster sou word.

Gross het later in ’n verklaring gesê die foto’s was nie bedoel om pornografies te wees nie, maar erken dat sy soos ‘n sexy vrou moes lyk.

Terri het later van tyd vir Gross gedagvaar vir $1 miljoen, maar die hooggeregshof in New York het die saak uitgegooi, aangesien Terri volle regte tot die foto’s in 1975 aan Gross oorgeteken het.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: