Taxidrywer wat verkragtingslagoffer in sloot gooi, kry lewenslank

KAAPSTAD. – ’n Taxi drywer van hier is lewenslange tronkstraf toegedien nadat hy ’n ryloper verkrag het.

KAAPSTAD. - ’n Taxi drywer van hier is lewenslange tronkstraf toegedien nadat hy ’n ryloper verkrag het.

KAAPSTAD. - ’n Taxi drywer van hier is lewenslange tronkstraf toegedien nadat hy ’n ryloper verkrag het. Foto; WallpaperSafari

KAAPSTAD. – ’n Taxidrywer van hier is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ’n ryloper in 2019 verkrag het.

Volgens IOl is die taxidryer Anda Majavu (35) aangekla nadat hy ’n 22-jarige vroulike passasier verkrag het.

Die slagoffer het na Oos-Londen geryloop toe sy deur die taxidrywer opgelaai is. Hy het ander passasiers in die voertuig gehad, maar het hulle later gaan aflaai. Majavu het die slagoffer met ’n gebreekte bierbottel gedreig en haar na ’n afgesonderde bestemming geneem waar hy haar verkrag het. Daarna het Majavu die slagoffer na ’n ander bestemming geneem, haar vasgemaak en weer verkrag. Daarna is sy in ’n sloot gegooi en met takke bedek.

Die slagoffer het dit reggekry om haar bene los te maak, maar haar hande was te styf vasgemaak. Sy het na ’n pad gehardloop waarna ’n motoris haar oopgelaai en na ‘n polisiestasie geneem het.

Tydens die hofsaak het Majavu beweer die slagoffer het die seksuele ontmoeting begin, maar toe hy ondervra word oor sy bewerings en hoe die slagoffer beserings opgedoen het, kon hy dit nie beantwoord nie.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: