February 28, 2021

Eloise laat ’n spoor van verwoesting agter

Die foto’s van die Krokodilrivier in Mpumalanga, by die Malelane-ingang van die Kruger- nasionale wildtuin, is deur Felicia Veldsman geneem

Die tropiese sikloon Eloise het verwoesting in vyf lande gesaai.

Volgens Moneyweb het die sikloon al minstens 13 lewens geëis. Eloise het afgegradeer tot ’n tropiese storm nadat hy Saterdag in Mosambiek geland het. Verder het die sikloon reën oor Zimbabwe, Eswatini, Botswana en gedeeltes van Suid-Afrika gebring, wat tot oorstromings gelei het.

Eloise het ses lewens in Mosambiek geëis en ’n vyf-jarige kind het in Mpumalanga omgekom toe hy in die vloed meegesleep is. ’n Tydelike brug is in Limpopo vernietig. Drie mense het in Zimbabwe omgekom en een in Madagaskar. Duisende mense is sonder heenkome gelaat nadat huise en gebou oorstroom is, terwyl die ontheemdes tot meer as 8 000 gestyg het.

Die Foto’s van die Krokodilrivier in Mpumalanga, by die Malelane-ingang van die Kruger- nasionale wildtuin, is deur Felicia Veldsman geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: