Ondersoeklys vir jou hond se algemene gesondheid

Die volgende is ’n ondersoek lys vanaf The Healthy Pet Club wat jy tuis kan toepas op jou hond om sy gesondheid te monitor.

Die volgende is ’n ondersoek lys vanaf The Healthy Pet Club wat jy tuis kan toepas op jou hond om sy gesondheid te monitor.

Foto: Wallpapersafari

Jou geliefkoosde hondekind is so na aan jou hart en jy kan net nie ’n lewe indink sonder daai stertjie wat swaai en daai ogies wat blink nie. Dit is baie belangrik dat jy jou hond se gesondheid dophou om te verseker hy het ’n goeie en lang lewe aan jou sy. Die volgende is ’n ondersoeklys vanaf The Healthy Pet Club wat jy tuis kan op jou hond kan toepas om sy gesondheid te monitor.

  • Kyk na en voel aan jou hond se neus. Dis oukei as jou hond se neus nie nat en koud is nie, solank die hond steeds eet en drink en geen gedragsverandering toon nie. Ondersoek gereeld jou hond se neus vir pyn, oormatige droogheid, afskeiding en skubberigheid. Dit kan tekens van iets ernstiger wees en is selfs in sekere rasse oorerflik.
  • Ondersoek jou hond se oë. Die oë moet helder wees. As jy enige geel afskeiding sien, as een of altwee oë geknel word en dit lyk of dit pynlik kan wees, daar is oormatige trane wat uit die oë kom of die wit van die oog is rooier as gewoonlik, moet jy jou hond na ’n veearts neem vir verdere ondersoek.
  • Kyk en ruik binne-in jou hond sê oor. Kyk vir tekens van rooiheid, ’n taai of swart, krummelrige afskeiding, ’n snaakse reuk of swelling in die oor. Dit dui op infeksie en ander probleme. Kry raad by jou veearts.
  • Ondersoek jou hond se tandvleis en tande gereeld. Dit kan duidelik aandui as daar iets fout is. Let op vir rooierige tandvleis, snaakse kleur tandvleis, knoppe op die tandvleis of selfs onder die tong, bruin tandsteen wat opbou op die tande of ’n snaakse reuk in jou hond se mond.

Lees meer artikels hier.

  • Kyk vir ’n verandering aan jou hond se vel. Let ook op of hy gereeld krap of byt en of daar enige knoppe of stukkende plekke is.
  • Kyk of daar enige swelling of snaakse afskeiding by jou hond se agterstewe is. Dit kan ’n aanduiding van infeksie in sy anale kliere wees.

Daar is talle ander gesondheidsprobleme wat jou hond kan kry, maar hierdie ondersoeklys kan jou vinnig laat weet as daar iets ernstig fout is.

Foto: Wallpapersafari

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: