February 25, 2021

Sol Plaatje se Eskom-krisis: staat kan dit oplos deur rekeninge te betaal

Sol Plaatje betaal nie rekening - Eskom

As die Sol Plaatje-munisipaliteit nie dringend sy Desember 2020-elektrisiteitsrekening betaal nie, kan Eskom die elektrisiteitstoevoer na dié munisipaliteit beëindig. Foto: Canva

Sol Plaatje verkeer in ‘n geldelike verknorsing as gevolg van uitstaande staatskuld. Só sê Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid: Sol Plaatje- plaaslike munisipaliteit.

Dis ook hoekom Sol Plaatje nie sy Eskom-rekening kan betaal nie, sê Van den Berg.

LEES OOK: SOL PLAATJE BETAAL NIE REKENING

“Verskeie staatsdepartemente is groot bedrae geld aan die munisipaliteit verskuldig. Dié uitstaande skuld aan Sol Plaatje beloop tans sowat R2,2 miljard. Daarvan is 90% langer as 90 dae uitstaande. Skuld van ouer as 90 dae beloop R876 miljoen van die staat, R348 miljoen van kommersiële kliënte en huishoudings sowat R1 miljard.”

Van den Berg sê op sy beurt is die munisipaliteit sowat R130 miljoen aan Eskom verskuldig en R60 miljoen aan die departement van water en sanitasie. “Slegs uit staatskuld kan die rekeninge bykans vier maal betaal word en uit die kommersiële sektor se skuld twee maal. Huishoudings se skuld kan ook nie oorgesien word nie.”

Hy meen die ironie van alles is dat dit die gereelde betalers is wat die ergste deur die situasie benadeel word. Hulle is verantwoordelik vir sowat R2 miljard wat die munisipaliteit wel jaarliks insamel.

“Die tyd het aangebreek dat vasgestel word waar hierdie gereelde betalers woon en of hulle die dienslewering en onderhoud aan hul omgewing ontvang wat hulle beloon vir hul getroue betaling.”

Indien die belange van betalers en nie-betalers nie gebalanseer word nie, sal Kimberley as stad en Sol Plaatje as munisipaliteit, net verder agteruitgaan, sê Van den Berg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: