Verkrag deur my oom

Ek is deur my ma se broer verkrag toe ek 13 jaar oud was. My ma en pa is uitmekaar uit toe ek 10 jaar oud was. Nie lank daarna nie het my pa selfdood gepleeg.

Teen die tyd net voor ek 13 jaar oud geword het, het my ma se broer by ons ingetrek om finansieel uit te help, aangesien my ma nie meer kop bo water kon hou nie.

Eers net vriende

My oom het my beste vriend geword. Hy het vir my goed gekoop, my uitgevat na plekke toe. Wanneer my ma moes gaan werk, het hy altyd aangebied om na my te kyk of my skool toe te neem.

Ek was mal oor hom en ons kon oor enigiets praat tot hy die een aand terwyl ons fliek sit en kyk het, sy hand by my slaapbroek ingedruk het.

Hy het vir my vertel hoe lief hy my het en as ek vir enigiemand sê, hy van ons af weggevat sou word en my ma als sou verloor.

Dinge het net al hoe verder gegaan totdat hy my die eerste keer verkrag het. Hy het net aangehou om vir my te sê hoe lief hy vir my is en vir my al hoe meer goed begin koop.

Ek het eers jare later besef hoe verkeerd dit was. Ek het altyd geglo hy was werklik lief vir my en dit is goed wat mens doen as jy lief is vir iemand.

Ek het dit nooit gerapporteer of vir my ma gesê nie. Ek het net eenvoudig uit die huis uit getrek toe ek klaargemaak het met skool.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: