Eenjarige deur ouers ontvoer

Toe die ouers deur Polokwane Welsyn in kennis gestel is die kinderhof het beveel hul dogtertjie moet weggeneem word en in die sorg van haar ouma geplaas moet word, het die pa sy dogter geneem en verdwyn.

Eenjarige deur ouers ontvoer

Eenjarige deur ouers ontvoer

POLOKWANE. – Ouers van ’n eenjarige dogtertjie het haar ontvoer nadat hulle te hore gekom het van ’n hofbevel wat uitgereik is om die kind van hulle af weg te neem en onder die sorg van haar ouma te plaas.

Beide ouers is glo op 4 Februarie vir ’n dwelmtoets geneem waarvan al twee positief vir vier verskillende dwelms getoets het. Die hofbevel is op Vrydag 5 Februarie uitgereik.

Pa vat meisie en verdwyn

Toe die ouers deur Polokwane-welsyn in kennis gestel is die kinderhof het beveel hul dogtertjie moet weggeneem word en in die sorg van haar ouma geplaas word, het die pa sy dogter geneem en verdwyn. Die ma het glo kort daarna gevolg.

LEES OOK: Leeu byt veldwagter dood

Soekpartye het die egpaar en die dogtertjie op Tzaneen gesoek, maar dit was tevergeefs.

Daar is gedink dat hulle in Giyani by die Ndoni-dam sou skuil, maar hulle kon ook nie daar gevind word nie.

Albei ouers is tans sonder werk of inkomste.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: