February 26, 2021

Kokaïen ter waarde van R14 miljoen gevind

Die kokaïen kon nog met geen persoon verbind word nie en niemand is al in hegtenis geneem nie.

NOORD-OOS. – Dertig “bakstene” kokaïen ter waarde van ongeveer R14,1 miljoen is in ’n houer op die hawe Port Ngqura naby Port Elizabeth versteek gevind.

Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê die ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad, saam met Misdaadintelligensie, die Doeane-honde-eenheid en Sea Border Port of Entry, het ’n wenk oor dwelmhandel tussen Santos, Brasilië en China opgevolg.

Daar word beweer ’n tegnikus het tydens sy roetine-inspeksie opgemerk ‘n spesifieke houer wat veronderstel was om ontbeende vleis te bevat, het ’n probleem met verkoeling. Terwyl hy die probleem ondersoek het, het hy die pakke dwelms ontdek. Die houer was tussen China en Brasilië op pad.

Die kokaïen kon nog met geen persoon verbind word nie en niemand is al in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Covid-19-entstof in Suid-Afrika verval binnekort

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: