Vier Jeffreysbaai-tieners red meisie uit see

JEFFREYSBAAI. – ’n 17-jarige meisie en haar broer het by die Checkers strand gaan swem. Hulle is toe deur ’n seestroom gevat, terwyl die seun dit reggekry het om die seestroom te ontsnap en veilig terug strand toe te keer, is die meisie deur die seestroom in die see ingetrek.

JEFFREYSBAAI. - ’n 17-jarige meisie en haar broer het by die Checkers strand gaan swem. Hulle is toe deur ’n seestroom gevat, terwyl die seun dit reggekry het om die seestroom te ontsnap en veilig terug strand toe te keer, is die meisie deur die seestroom in die see ingetrek.

Foto: All4Women

JEFFREYSBAAI. – ’n 17-jarige meisie en haar broer van Hankey het Saterdag by Checkers-strand op Jeffreysbaai gaan swem toe hulle deur ‘n seestroom die see ingetrek is. Die seun dit reggekry om aan die seestroom te ontsnap en veilig terug strand toe te swem, maar die meisie is dieper deur die stroom die see ingetrek.

Volgens All4Women het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê twee meisies, Lisa Stumpf (19) en Megan Johnson (14) is op die strand deur ’n doodbenoude vrou genader wat aangedui het haar twee kinders is in die moeilikheid in die see.

Die twee meisies het dadelik hul vriendin Abbygail Janse van Rensburg (14) en Lisa se tweelingsuster, Karla Stumpf (19) gewys wat aangaan. Lambinon sê tussen die vier meisies het hulle dadelik alarm gemaak en nooddienste en die NSRI in kennis gestel.

Lees meer artikels hier.

Twee van die meisies het in die see ingegaan

Die meisies het vinnig opgetree. Lisa het vir Abbygail ’n lyfbord gegee om op te dryf, in plaas daarvan om ver strand af te hardloop om die reddingsboei te gaan haal.

Karla het ’n paar flippers aangetrek en het saam met Abbygail vir sowat 100 m die see in geswem. Hulle het die lyfbord gebruik om op te dryf en het so die meisie veilig teruggebring strand toe.

“In daardie stadium het bemanning en paramedici van die NSRI Jeffreysbaai by die strand aangekom en die meisie is deur paramedici ondersoek,” het Lambinon gesê.

Die meisie het tekens van nie-noodlottige verdrinking getoon, maar het na mediese behandeling in ‘n ambulans nie verdere sorg nodig gehad nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: