Gebruik wat in jou yskas is: romerige-kekerertjies-met-eiers-en-prosciutto-resep

Romerige kekerertjies met eiers en prosciutto. Foto: Chris Ralston

Romerige kekerertjies met eiers en prosciutto. Foto: Chris Ralston

Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir kekerertjies met eiers en prosciutto.

Sien ‘n verdere lys van resepte hier.

Kekerertjies met eiers en prosciutto

Hierdie eiers kom ongelooflik romerig uit! Jy kan spek of ham gebruik in plaas van prosciutto, of die vleis heeltemal uitlaat.

Bestanddele (twee porsies)

2 eetlepels olyfolie

2 knoffelhuisies, dun gesny

1 takkie roosmaryn (opsioneel)

1 blik kekerertjies, afgespoel

1 eetlepel tamatiepasta

1 teelepel paprika

1 koppie room

growwe sout, gemaalde swartpeper

2 groot eiers

4 dun skywe prosciutto

seesout (opsioneel)

platbrood (vir bediening)

Instruksies

Verhit olie in ‘n pan oor medium hitte. Braai knoffel en roosmaryn (indien gebruik) tot knoffel goudbruin is en roosmaryn effens bros, maar nie bruin is nie. Ongeveer 30 sekondes vir roosmaryn en twee minute vir knoffel. Plaas roosmaryn op ‘n bord.

Voeg kekerertjies, tamatiepasta en paprika in die pan en braai, terwyl jy dit gereeld roer, vir ongeveer een minuut. Meng room in, geur met sout en baie peper, en laat dit prut.

Breek eiers in kekerertjiemengsel en geur dit met sout. Bedek en kook tot die wit van die eiers gestol is, maar die geel nog loop, ongeveer twee minute.

Haal dit van die hitte af en sit die prosciutto bo-op die eiers. Krummel roosmaryn bo-oor en besprinkel met seesout, indien nodig, en nog peper. Sit voor met platbrood.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: