February 28, 2021

Die beste manier om na jou gekleurde hare om te sien

Om jou hare te kleur gaan nie net oor om die grys weg te steek nie, maar oor jou hele voorkoms. Deur jou hare te kleur maak jy ’n drastiese verandering aan jouself en dit kan hoe mooi wees, as jou hare en haar kleur nie versorg word nie kan dit baie vinnig uitgewas word en jou hare sal dof en onaantreklik wees.

Volgens StyleCraze moet jy ’n toegewyde haarsorg roetine hê om salon besoeke te verminder, wat baie tyd in beslag neem en soms jou hare beskadig.

Foto: Wallpapersafari

Om jou hare te kleur, gaan nie net oor om die grys weg te steek nie, maar oor jou hele voorkoms. Deur jou hare te kleur, maak jy ’n drastiese verandering aan jouself en dit kan hoe mooi wees, maar as jou hare en haarkleur nie versorg word nie, kan die kleur baie vinnig uitwas en jou hare sal dof en onaantreklik wees.

Volgens StyleCraze moet jy ’n toegewyde haarsorgroetine hê om salonbesoeke, wat baie tyd in beslag neem en soms jou gekleurde hare beskadig, te verminder.

Foto: Wallpapersafari

Hier is ’n paar wenke om jou gekleurde hare te beskerm:

  • Moenie jou hare vir 72 uur nadat jy dit gekleur het, was nie. Die chemiese werking tydens haarkleuring veroorsaak dat die haarkutikula oop is, wat tot beskadiging van die hare kan lei. Deur nie jou hare direk na die kleuring te was nie, sal die haarkleur ook langer inbly.
  • Gebruik kleurbeskermende sjampoe en opknapper, dit sal jou hare se nuwe kleur beskerm, asook voedingstowwe terug in jou hare plaas. Wees versigtig vir sjampoes wat sterk bestanddele soos alkohol bevat Nie net sal dit jou hare beskadig nie, maar dit sal ook die kleur uit jou hare haal. Die opknapper sal jou hare se kutikula seël en voedingstowwe binne hou.
  • Moenie jou hare baie was nie, gebruik eerder droë sjampoe. Dit sal die olie in jou hare absorbeer en jou help om minder hare te was.
  • Vermy hoë temperature. Moenie jou hare met warm water was nie.
  • Maak eerder gebruik van lou water, aangesien warm water jou hare kan beskadig en die kleur uitwas. Dit geld vir haardroërs en haartange ook.
  • Gebruik inlos-behandelings. Dit sal die kutikula van jou hare vir langer seël en jou gekleurde hare beskerm teen die son en keer dat jou hare nie koek nie.
  • Vermy chloor. Dra ’n swemkep as jy gaan swem en smeer opknapper of klapperolie aan jou hare om ’n laag te vorm tussen jou hare en die chloorwater. Die chloor kan jou hare vinnig beskadig en ook veroorsaak dat die kleur verander.

Lees meer artikels hier:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: