Roudiens vir Zan-Marie Olivier vind Vrydag plaas

As gevolg van die Covid-19-regulasies sal net mense wat persoonlik deur die familie genooi is die diens mag bywoon.

Roudies vir Zan-Marie Olivier vind Vrydag plaas

Roudies vir Zan-Marie Olivier vind Vrydag plaas

KIMBERLEY. – ’n Roudiens vir Zan-Marie Olivier (22) sal Vrydag 12 Februarie 2021 om 10:00 by die NG kerk Vooruitsig plaasvind. ’n Regstreekse uitsending van die diens sal op FiND iT se blad plaasvind.

As gevolg van die Covid-19-regulasies sal net mense wat persoonlik deur die familie genooi is die diens mag bywoon. Naaste familie wat graag vir Zan-Marie wil gaan groet, is welkom om môre 14:00 by Avbob te gaan afskeid neem.

Na die diens word familie en vriende genooi na die Kaapstad-pad waar die ongeluk plaasgevind het. Daar sal ’n kruis opgerig word en enigiemand wat foto’s van Zan-Marie en blomme aan die draad wil gaan vasmaak, is welkom.

Mense wat uitgaan na Kaapstad -pad word versoek om hulle voertuie by OMV Crushers se parkeer-area te parkeer.

Hier is die vorige berig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: