Vermeende kabeldiewe gevang

Koperkabels

Een van die mans het gevlug. Net dié balaklava het agtergebly.

KIMBERLEY. – Drie vermeende kabeldiewe is gisteraand hier deur die Cassandra-buurtwag vasgetrek terwyl hulle vermoedelik kabels wou steel.

Dawie Griesel, Afriforum-veiligheidshoof en lid van die Cassandra-buurtwag, sê dié buurtwag was moeg vir die kabels wat aanhoudend gesteel word.

“Ons het omtrent ses weke terug ernstig begin werk maak daarvan om die kabeldiewe vas te trek. Voor dit was Cassandra omtrent elke week een of twee keer sonder krag omdat die kabels gesteel is.”

LEES OOK: CASSANDRA SE KABELS – WAT GAAN AAN?

Griesel wil nie te veel uitwei presies oor hoé die vermeende diewe vasgetrek is nie, maar sê vier mans was besig om in ‘n sloot vir kabels te grawe, toe die buurtwag op hulle toesak.

“Die ouens was al moeg gegrou. Ons het hulle gelos dat hulle lekker moeg gegrou is, toe ons op hulle toesak. Hulle het so geskrik, hulle het nie oor die draad nie, maar sommer deur die draad gehardloop. Die balaclava sit nog aan die draad vas. Net die een ou het weggekom.”

Griesel sê die polisie was binne minute op die toneel om die vermeende kabeldiewe in hegtenis te neem.

“Ons wil die boodskap uitstuur dat ons nie misdaad in ons area sal toelaat nie.”

Brig. Mohale Ramatsheba, polisiewoordvoerder, sê die mans sal binnekort in die Kimberley-landdroshof op aanklag van diefstal van koperkabels verskyn.

“Die koper wat die polisie op beslag gelê het, is meer as R15 000 werd.”

Hier is foto’s van die operasie:

LEES OOK: HOND DEUR MAN BY KUIERPLEK GESTEEK

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: